DIE VLOEKWOORD
DIE VLOEKWOORD https://afrikaansjakes.blogspot.com/ Moederlief sit by die venster Besig met die kouse stop. Binne snel haar seuntjie Nathan, Asem uit op ‘n gallop. “Moeder,” sê die kleine Nathan, “Moeder, het vir ons geleer: As ons woorde sê wat stout is maak ons ma se hart so seer.” “Ja, my kindjie” sê die moeder, Wat het my kind gesê?” “Ma, dis Ethan, dis nie ek nie! Dis ‘n vloekwoord wat hy sê” “Kom nou Nathan, sê die moeder, Wat het Ethan dan gesê? Moeder kan hom mos nie straf nie Voordat jy die saak uitlê.” “Ag,” sê Nathan, “dis te vreeslik, Ma se hart sal sommer breek. Ma sal seker dit nie glo nie, Maar hy sê … hy sê…APTEEK!” Henriette Pienaar
Comments
Post a Comment