BEROU KOM ALTYD TE LAAT
4. (‘n Gediggie wat Ouma Sielie vir ons geleer het, veral as ons ongehoorsaam was!) ‘n Muisie speel naby die kat, Sy moeder sien hom daar. “Ag, kindlief,” roep sy, “kom tog gou Jy is in groot gevaar!” Maar hoe die moeder ookal roep Die muisie gaan sy gang. Daar spring die kat en in haar klou Het sy die muis gevang. Ag, had die diertjie maar gehoor .. Berou kom nou te laat. Leer hier ‘n lessie uit, my kind, en hoor na goeie raad. https://afrikaansjakes.blogspot.com/